Palazzo Vecchio

Die Palazzo Vecchio kyk uit op die Piazza della Signoria
Uitsig op die Palazzo Vecchio tydens die aand.

Die Palazzo Vecchio (Italiaanse uitspraak: paˈlattso ˈvɛkkjo, "Ou Paleis") is die stadsaal van Florence, Italië. Dit kyk uit op die Piazza della Signoria (wat 'n kopie bevat van Michelangelo se Dawid-standbeeld) en die galery in die aangrensende Loggia dei Lanzi.

Dit is oorspronklik die Palazzo della Signoria genoem, na die Signoria van Florence (die regerende liggaam van die Republiek van Florence). Die gebou was ook bekend onder verskeie ander name: Palazzo del Popolo, Palazzo dei Priori, en Palazzo Ducale, ooreenkomstig die wisselende gebruike van die paleis deur die eeue. Die gebou het sy teenswoordige naam verkry toe die Medici-hertog se woonplek oor die Arno Rivier na die Palazzo Pitti verskuif is.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne